Tuisbladsy Netbal Fotos Netbal Fonds Kontak Ons Terug na Hoofbladsy
Vir navrae kontak webmeester@jeanmarie.co.za  -  Webtuiste ontwerp en onderhou deur ALFERweb

Rekening Naam:   Verryn Matlhare Ing

Bank:  Absa Bank

Tak:   Brooklyn

Rekening tipe:   Tjek

Rekeningnommer:   40 59 965 633

Verwysing:   Jean-Marie  *

Jean-Marie was haar gelukkigste op die netbalbaan. Sy het ‘n geweldige passie vir die sport gehad en was baie gedetermineerd om fiks en gesond te wees, veral na haar eerste knie operasie net na die 0/16 netbalseisoen in Augustus 2010.


Haar droom was om eendag vir die Protea Netbalspan gekies te word en selfs deur ‘n land soos Australië raakgesien te word en dan deur hulle gewerf te word.

   

Jean-Marie het nie kans gehad om self baie met netbal te bereik nie, maar sy het groot gedroom en vir haarself hoë doelwitte gestel. Sy was ook ten spyte van drie knie operasies die afgelope paar jaar steeds bereid om hard te oefen om in die Protea Span te kom en vir haar land te speel.


Ons as ouers van hierdie pragkind wil graag haar netbaldroom laat voortleef deur Netbal in Suid Afrika te bevorder deur ‘n fonds op die been te bring wat Netbalspanne kan borg of selfs kinders wat netbalpotensiaal het, maar wie se ouers nie finansieël daartoe in staat is om hulle byvoorbeeld op ‘n netbaltoer te stuur nie.

 

Dit sou vir Jean-Marie ‘n eer wees om te weet dat sy selfs na haar dood ‘n bydrae maak vir Netbal  in Suid-Afrika.


Indien u ‘n finansiële bydrae wil maak tot die Jean-Marie Potgieter Netbalfonds, sal dit waardeer word indien u die inbetaling kan maak in die Trustrekening van ons Prokureurs, Verryn Matlhare Inc., ‘n vooraanstaande en baie bekende Prokureursfirma in Pretoria, wat die fonds sal administreer.


Verryn Matlhare Incorporated se bankbesonderhede is as volg:

Jean-Marie Potgieter Netbalfonds

* Dit is belangrik dat die verwysing gebruik word sodat die inbetalings onderskei  kan word van ander inbetalings wat in die betrokke rekening gemaak word.

Indien u Verryn Matlhare Inc wil kontak, kliek HIER